Skip to main content

TITEL: Gedaantes en gedoentes – Stories oor spoke, sieners en legendes

OUTEUR: Daniël Lötter

 

AGTERGROND: Daniël Lötter soek geeste en gedaantes op, besoek spookhuise en vertel meer oor sieners en legendes wat Suid-Afrikaners reeds jare lank laat kopkrap.

Maak kennis met die heks van Hexrivier, die seemonsters van die ou Kaap en Antjie Somers. Jacoba Marais, Japie Roux en Marie van der Post is van die minder bekende sieners, maar natuurlik bly Johanna Brandt en Siener van Rensburg nie agterweë nie.

Waarom spook ’n skoorsoekerige goewerneur, ’n koninklike kleinseun en ’n gewetenlose moordernaar ewe vlytig as Daisy de Melker, sr. Henrietta Stockdale en lady Anne Barnard? En wat is dit met dwaalligte en spookfoto’s?

Daniël Lötter is ’n boorling van die Bo-Karoo, waar hy van kleins af die kuns van stories vertel by meesters op dié gebied geleer het. Hy het ’n makabere belangstelling in misdaad, veral moord, maar ook spoke en ander rare karakters en verskynsels. Sy debuutbundel kortverhale, Die grootpad is ’n grondpad, het vroeg in 2020 by Protea Boekhuis verskyn.

Leave a Reply