Skip to main content

Die radiolegende Niekie van den Berg werk nou vir Die Waarheid Media.

Van den Berg, wat sedert 1982 tot 2009 in die Afrikaanse uitsaaibedryf werksaam was, het veral bekendheid verwerf vir die inbelprogram Sê Wie van 1996 tot 2007.

Niekie, soos hy in die volksmond bekend staan, sal as inhoudspesialis by Die Waarheid Radio dien.

“Ek sien dit as ‘n wonderlike geleentheid om my talente op uitsaaigebied ná ‘n afwesigheid van ‘n klompie jare weer tentoon te stel.

“Ek beskou dit as ‘n uitdaging om wat nou ‘n klein radiostasie is, te help groei met sterk inhoud. Ons wil opvoed, inlig en vermaak met klem op tradisionele waardes soos goeie aanbieding, leersame inhoud en musiek wat gemaklik op die oor val.”

Van den Berg beskou elke radiostasie wat in Afrikaans uitsaai in ‘n positiewe lig. Hy gaan ook probeer om ervare Afrikaanse omroepers uit die goue era van die uitsaaibedryf te werf.

Niekie was van 2008 tot 2014 ‘n DA-parlementslid, waar hy onder meer as lid van die portefeuljekomitees vir kommunikasie sowel as kuns en kultuur gedien het.

Leave a Reply