Skip to main content

Die monument wat vandag vir Brendin Horner opgerig is, is meer as net ‘n rots in die veld – dis die begin van die ‘omkeerbeweging’ want mense begin besef dat ons moet omdraai en saamstaan.
Só sê Marissa Aucamp van Klerksdorp.

“Brendin se moord is g’n uitsondering nie. Dis die nuwe norm; die nuwe reël dat plaasboere afgemaai sal word. Ek is seker dat baie ander mense in die land dieselfde hartseer beleef as wat ek nou voel, maar hy was bitter jonk. Hy is gebore ná 1994, en het niks geweet van apartheid nie.”

Marissa staan verwese voor die standbeeld wat vroeër vandag onthul is.

Sy vertel die gebeure was aangrypend. “Ek ken vir Brandin glad nie, maar het besluit om die funksie by te woon omdat ek hom wou vereer.”

Trane wel op in haar oë en sy druk nog ‘n vrou wat self ook trane stort styf vas.

Piet Karsten van Warrenton staan in ‘n groepie van vier mans.
“Na dìt wat ek vandag gesien het, is ek oortuig dat daar ‘n nuwe begin moet wees. Dat Brendin se dood nie verniet moet wees nie. Dat dit ons as volk bymekaar moet bring en dat ons weer moet opstaan vir dìt waarin ons glo.
“My vrou se vorige man is ses jare gelede in Groblershoop vermoor. Hennie Oosthuizen was sy naam. Die polisie het sy moordenaar, ‘n Zimbabwiër, help ontsnap. Hoe dan anders? Wie in hul regte verstand vervoer iemand vanuit Kimberley se hofselle terug na Groblershoop as hy weer in die hof moes verskyn? Die polisie is deel van die probleem in ons land.”

Martin Deysel is deel van die groepie mans.
“Ja,” sug hy. “Ek weet nie eintlik wat om te sê nie. Nee ek weet wat ek moet sê. My neef en nig is in 2011 in Dwaalboom vermoor. Ook deur ‘n Zimbabwiër.  Hoe kan ons die land omkeer? Deur terug te keer na geloof. Deur te bid!
“Moenie die feit dat boere vir hulself begin opstaan sien as ‘n oorlogsverklaring nie. Geensins nie.
“Dan moet ons ook veiligheid in dorpe begin terugbring. Kyk hoe goed doen Roland de Vries daarmee. Hy beywer hom vir mense se veiligheid. Meer mense moet dit doen. Betrokke raak.”

Pieter Aucamp wou nie sê waar hy vandaan kom nie.
“Daar moet ‘n gewaarwording onder ons volk, ons mense ontstaan. Kyk na al die opofferings wat ons voorgeslagte sedert 1652 gedoen het sodat ons vandag hier kan wees; al die grensmoorde, moorde op boere, op Piet Retief, die Slag van Bloedrivier…
“Ek glo dat God jou in ‘n land op ‘n spesifieke plek plaas. Brendin se dood is simbolies van opoffering. Moenie dat dit verniet wees nie. Hy is opgeoffer vir die nageslag. Ons, die ouer boere, moet die stokkie aangee aan die jongeres. Toegegee, ons het dalk op plekke die stokkie laat val, maar ons moet dit optel en aangee.
“Die kern van die Afrikanervolk is hul diep verhouding met die Skepper. Eer God! Dis ‘n voorreg!”

Leon Pretorius, van Warrenton, het die volgende te sê: “Sien jy ‘n toekoms vir boere in ons land? Ek ken baie boere in die Warrenton en Hartswater omgewing. Hulle glo dat die land se boere positief kan raak mits daar hulp deur die regering aan hulle verleen word.
“Daar moet meer polisiëring wees. Mense moet bewus gemaak word oor hoe om hul eie veiligheid te verseker. Dit beteken nie noodwendig om wapens op te neem nie.
“Ek ken ‘n groot pampoenboer in Potchefstroom. Hy en ander boere vat hand, ongeag hul ras of velkleur. Hulle help mekaar. Hy self help een bruin boer om sy oes in te samel; teen betaling natuurlik, maar hulle help mekaar. Hý [die pampoenboer] sien beslis ‘n mooi toekoms vir boere in ons land. En ek ook.”

Sersant Jopie Engelbrecht, ‘n oorlogsveteraan is duidelik hartseer.
“Daar is baie Brendin Horners. Dis hartseer en so onnodig. Die regering moet toelaat dat die veterane plase beskerm. Dis al hoe plaasmoorde gestop gaan word. Alles is deesdae net ‘n politieke spel. En die polisie is by plaasmoorde betrokke.
“Vat byvoorbeeld motorkapings. As jou kar gekaap word, betaal jou versekering uit. Die regering kry belasting daarop. Dan koop jy ‘n ander kar, en die regering staan weer bakhand vir nog belasting. Motorkapings het ge-eskaleer sedert 1994. Dit is politiekery-werkskepping.
“Alles is nou op ‘n spits gedryf. Die regering kan nie meer hul beloftes aan hul mede-rampokkers vervul nie. Ons is nader aan ‘n burgeroorlog as aan ons volgende bord kos.
“Ons veterane was op die grens om ons land mooi en veilig te hou. Meeste van die veterane is nog vlymskerp. Sit hulle op plase. Gee hulle ‘n dak oor hulle kop en kos. En julle sal veilig wees.
“Toegee, van die veterane is kaksleg omdat hulle aan PTSD ly, maar die meerderheid is nog uiters goed. In die Kimberley area is nog baie ou koevoete, spoorsnyers. Gebruik hulle! Ons kan die ding [plaasmoorde] stop. Waar daar ‘n wil is, is ‘n weg. Al probleem is, die regering wil nie.
“In 1994 was die dollar omtrent $3.40 teen ons rand. Waar staan dit vandag? Selfs die swartmense sê dat dinge voor 1994 beter gewerk het. Ons paaie is nie meer voertuigwaardig nie. Hospitale is ‘n nagmerrie. Mense gaan nou na staatshospitale en gaan daar dood.
“Die polisie doen niks om die mense te beskerm nie want hulle vrees nog ‘n Marikana.
” ‘n Vriend van my het nou die dag afgetree na 42 jaar in die diens, en die swart generaal kon nie glo dat hy met ‘n skoon rekord uit die polisie gestap het nie.”

Esther Badenhorst is ‘n boervrou van Kroonstad.
“Al wat ek wil sê,” kry sy uit voordat ‘n vraag in haar rigting gegooi word, “is dat ek jammer is vir Brendin se ouers. Werklik jammer. Hoe sou my hart gewees het as dit my kind was wat so wreed vermoor was? Hoe oorleef jy dit? My hart breek vir hulle! Ouers is nie gemaak om hul kinders te begrawe nie.”

Anoniem, ook ‘n boer, het die volgende te sê: “Daar moet meer sulke geleenthede wees met élke liewe plaasmoord. Daar moet ‘n intense bewusmaking in die media wees, nes met hierdie geleentheid. Die regering en die skelms moet kennis neem dat die boere nie net meer gaan terugsit nie. Wet en orde moet herstel word.
“Ons land is nou ‘n rampokkerstaat en word regeer deur militia.
“Ons op die plaas het ‘n goeie voor-waarskuwing-sisteem. Ons het kameras oral, alarms asook ‘n radiosisteem. Die boere in ons omgewing meld elke oggend aan sodat ons kan seker maak dat almal veilig is.
“Aanvallers sal nie sommer wegkom by ons nie. Ek glo dat aanvallers summier doodgeskiet moet word sodat dit as afskrikmiddel vir ander kan dien. As die doodstraf nie terugkom nie, gaan plaasmoorde nie stop nie.

“Ons begin nou Zimbabwe se neigings in ons land sien, met ander woorde die staat laat militia toe om boere uit te wis. Daar móét ‘n groot bewusmaking in die land gebeur sodat die aanvallers kan sien dat boere begin opstaan. Dit gaan op ‘n kol bars.
“As daar ‘n Derde Wêreld-Oorlog uitbreek, gaan daar ‘n tekort aan alles wees. Die massas gaan dan van oral aanval en daar gaan totale anargie wees.
“Ek hoop nie dit gebeur nie. Ek hoop eerder dat die reënboognasie-ideaal oor almal sal skyn, nes Mandela dit wou hê. Dis haalbaar, maar andersins kan kriminele verantwoordelik wees vir anargie.”

André van Rensburg van Krugersdorp meen hy het vandag besef dat Afrikaners leierloos is.  “Wie is daar vir ons wat die leierskap-leisels kan oorneem? Niemand nie!
“Ons kan ook nie saamstaan nie. Selfs by vandag se byeenkoms kon ek mense hoor stry. Ek kon nie mooi hoor waaroor nie.
“Koerante moet baie meer oor plaasmoorde verslag doen. Om bloot net in opstand te kom gaan nie help nie. Ons moet ‘n plan hê.
“Ek het my eie besigheid. Ek verloor tans vyf ure se produksie as gevolg van beurtkrag. Alternatiewe energie kos my R200/uur. Nou het ek een van twee keuses: maak ek alles toe en dan verloor agt mense hul werk? Of pak ek alles op en skuif my besigheid Orania toe waar ek vir óns mense werk gee?

“Daar sit mens dan met ‘n soortgelyke probleem. Wittes wil nie vir ‘n kleinerige salaris werk nie. Hulle wil min doen vir baie geld. Boonop sien hulle sekere werk as benede hulle.”

17 Comments

  • daniel says:

    Ek lees hier van soveel mense wat nogsteeds verwag dat die Staat iets moet doen vir hulle. Totdat julle nie begin besef dat julle afhanklikheid van die Staat om vir julle goed te doen, die probleem is nie, gaan die pyn net groter raak. Die Volk moet nou alles vir homself begin doen en ophou bedel by die regering van die dag vir enigiets. Dis nou die tyd om na mekaar te draai soos ons na God toe terug draai in bekering en Hom begin vereer as God en ophou die Staat aanbid as god oor ons. Hou op om jouself voor die ‘aardse vader’ te buig en te bid vir jou daaglikse brood, jou mediese dienste, jou pensioen, jou veiligheid, jou kinders se opvoeding want dit is sosialisme en afgodery. Is dit nie miskien hoekom ons Vader ons Volk in die hand van ons vyand oorgegee het nie? Ons het God ophou dien en ons gebede na die Staat gerig om vir ons te sorg, lank voor die ANC oorgeneem het. Wys God ons nie nou hoe sleg dit is om onder dwang vreemde en goddelose gode te dien nie, want ons wou Hom nie opreg en vrywillig dien nie? Hoeveel van ons mense gaan nog wreed aangeval, vermoor en verkrag word omdat ons Volk nie die welsein tiet van die Staat wil los nie? Bekering beteken om te draai van jou verkeerde wee en terug na die wee van jou God toe. Vir die mense wie God vervloek en van Hom afvallig geword het, is daar net harde tye in oordeel oor. Dis tyd dat ons Volk die polisie, weermag, opvoeders, welsein voorsiening, publieke dienaars vir mekaar begin raak, in ons privaat hoedanigheid op ons eie onkoste, en ophou bid vir hierdie goed by die Staat, die goddelose aardse vader.

    • Nicolaas Gerhardus Potgieter says:

      Eendrag maak MAG soos Louis se. Kom ons vat sy hand en ondersteun hom en deur God se Genade kan hy ons weer op die regte pad lei sodat ons Boere weer kan saamstaan en omsien na mekaar se welsyn. In hierdie opsig het Louis al berge versit vir ons boervolk maar alleen kan hy nie die stryd stry nie. Met God aan ons kant loop ons n bende storm. Voorwaarts!!!!!!

    • Absoluut Amen op jou skrywe. As almal maar net hierdid feite kon raaksien wat jy so netjies hier uiteensit. Weereens, Amen

    • Debra vd Merwe Brooks says:

      DANIEL EK SE AMEN. Ons mense sit kerkbank blink, kom saam en bid as iets goor gebeur maar intussen drink en vloek en hoereer baie v ons mense en beskinder mekaar daagliks. Draai terug na jou hemelse Vader, belei almal julle bose dade en verwyder die afgode in ons midde, soos TV kyk, afgod maak v seker sporte of jou duur voertuig en ander aardse goed. Kom in unity en bid Goddelkke wysheid vd Here om elke dag mee aan te pak. Spreek seën en guns oor ons dorp en gemeenskappe uit, bid vir ons.vyande…..dis ‘n opdrag in die Woord, en vertrou dat ons Vader se Hand oor ons land en ons mense sal wees. En weet dat nie net Afrikaners deel is v die prentjie nie. Geseënde week vir almal

    • Nick says:

      Dit is juis die doel dat mense, alle mense, vir hul kos en water en skuiling teen die nagkoue of die dag se son, van die regering afhanklik moet wees.

      Stelsels en ekonimie word gemanipuleer met belastinggeld, om dit so te bewerkstellig. Dis geen per abius verskynsel nie.

    • Sandra Kemp says:

      Ek stem 100% saam met ons sal GOD die Vader om vergifnis en vir genade moet vra, andersins sal ons nie ‘n toekoms hê nie. HY sal vir ons planne gee v d hoe, waar en wanneer in ons besighede, in ons huishoudings, want dis ‘ n mikro besigheid, ons verhoudings ons finansies, ens. Ons nageslagte se behoud hang hiervan af.

  • Kobus says:

    Dit is baie waare woorde, staan saam ook in geloof.

  • Wynand Coertzen says:

    Ons mense praat en bekommer hulle te veel oor vandag se boosheid en donkerte. Ons moet meer oor GOD praat , oor Sy beloftes en Sy weederkoms.

  • Pieter Nel says:

    Amen-Saluut en enigste uitweg-Orania en Kleinfontein en Groendorp is voorbeelde-Selfdoen in ALLES en so gou soos nou!!!

  • Pieter Nel says:

    Bekeer terug na Ons manier van geloof soos met Bloedrivier Majuba’die Boere oorloeë die Bosoorlog en Ons hele Wese in GOD vresendheid soos dit was voor 1994

  • Nicolaas Gerhardus Potgieter says:

    Eendrag maak MAG soos Louis se. Kom ons vat sy hand en ondersteun hom en deur God se Genade kan hy ons weer op die regte pad lei sodat ons Boere weer kan saamstaan en omsien na mekaar se welsyn. In hierdie opsig het Louis al berge versit vir ons boervolk maar alleen kan hy nie die stryd stry nie. Met God aan ons kant loop ons n bende storm. Voorwaarts!!!!!!

  • Marie Dreyer says:

    Daar is nog n boer van Delmas gruwelik vermoor die afgelope week.Ek sê ook maak statistieke daagliks bekend 1 boer voorsien nie net kos nie maar werk aan vele

  • CHRISTA FOURIE says:

    Ek stem saam met die boere en dit is dat ons as een man moet saam staan en ons mense beveilig. Ek as vrou is bereid om saam met die manne te gaan veg as ons moet. Ek vra ook dat meer van ons boere en hul vrouens betrokke moet wees in sulke gevalle

  • Johannes Petrus Fourie says:

    Die volgende keer wat ons hiedie land met bloed skoonmaak (mag God dit verhoed!), sal ons baie sekermaak dat geeneen wat ooit ‘n publieke pos (“seat of government”) vul, ‘n lid is van ENIGE GEHEIME organisasie of bond of broederskap of iets dergeliks, toegelaat word om so ‘n pos te vul nie! Hulle geheime agendas breek die mensdom af tot in die grond in! Dink julle die ANC sal hom WERKLIK steur aan wat hier gebeur het? Sal hulle daadwerklik iets DOEN daaraan? Nee hulle sal nie……want hulle wil nie – hulle wil ons eintlik almal dood hê!

  • Paul Nel says:

    Ja is tragiese gebeurtenisse, bid vir n leier om op te staan vir die Afrikaner om eenheid te bewerkstellig.

  • Dustin says:

    Ek sten 100% saam julle,ons kani net so trug sit en wag nie…..dit is nou tyd vir ons as n boere folk om hande te neem,en mekaar by te staan deur die donker tyd….alleen is ons nie veel werd nie…..ma sit n klompie van ons boere by mekaar en ons ma dinge gebeur…. ek het 3 kindees,en ek sien geen toekoms in die land nie. Ma ek glo en vetrou hier is iets an die kom,dis ons tyd om weer op te staan

  • Henk Barnard says:

    My hart bloei saam hulle wat bloei.
    Hierdie is voorwaar hartseer maar ook n oproep dat daar eenheid kom tussen ons mense om so op te staan teen ongeregtigheid. Kom ons staan saam en vorm n wal van krag teen die mag van moord, rasisme, onregverdigheid, als wat teen gesonde waardes staan. Ons is geroep om die heers oor die
    boosheid wat deur mense werk.
    Neem beheer in die geestelike atmosfeer oor huishoudings, besighede, provinsies,gesagsligame, skole ensv. As ons saam staan met hierdie hart, ongeag kleur sal SA weer beheer van geneem word deur die volk om so weer eerbare waardes en wette in te stel.
    Ons land behoort nie aan die boosheid nie maar aan Christus en Sy mense.. 👏
    Hou vas en kom ons neweeg saam in die regte rigting… Kom ons bou ook saam aan hierdie platform wat geskep is om jou en my te seen asook om n seen te weed…. 👏🙏

Leave a Reply to Sandra Kemp Cancel Reply

error: Content is protected !!