Skip to main content

Inwoners van Jagersfontein, ‘n Vrystaatse myndorp, het twee dae gelede verbouereerd rondgeskarrel ná gerugte dat nog ‘n deel van die myn se damwal ineengestort het. Die ramp het die dood van een persoon veroorsaak en verskeie huise het weggespoel.

Volgens dr. Mbulelo Nokwequ van die Vrystaatse departement van omgewingsake is daar ná ‘n deeglike assessering bevind dat die water wat tot die vrese vir nog ‘n ramp gelei het, slegs dreinering is uit ‘n reservoir ná ‘n goeie onlangse reënval.

Die dorpenaars is steeds geskok oor die verwoesting wat hulle op 11 September moes meemaak toe die myn se damwal meegegee het en ‘n dik modderlaag soos ‘n versmorende kombers oor die dorp versprei het.

Daar is nog geen somtotaal van die totale skade wat hierdie ramp veroorsaak het nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!