Skip to main content

George April

Die twee mans wat aangekeer is ná die skokmoord op ‘n vierjarige dogterjie sal vandag in die Paarl landdroshof verskyn.

Inmiddels is inwoners in Daphnestraat in New Orleans steeds stukkend nadat die lyk van die dogtertjie wat Saterdag vermis geraak het, Maandag langs ‘n laerskool se rugbyveld gevind is.

Volgens ‘n betroubare bron in die Paarl het die kind buite gespeel toe beurtkrag begin het. ‘n Familielid het uitgegaan om haar te roep om in te kom. Die dogtertjie was egter skoonveld, en navrae by die bure het blykbaar ook niks opgelewer nie.

Alhoewel ‘n soektog dadelik geloods is, was daar geen spoor van die vermiste dogtertjie nie. Die polisie in Paarl-oos is Sondag deur die familie in kennis gestel van die dogtertjie se verdwyning. Lede van die gemeenskap en familie het die hele Sondag onophoudelik na haar gesoek, sonder enige sukses.

Leerlinge van Orleans se Vale Primêre Laerskool het egter Maandag die dogtertjie se liggaam agter hulle skool se rugbyveld gekry. Volgens die bron het die dogterjie veelvoudige beserings aan haar liggaam gehad.

Kaptein F.C. van Wyk, mediawoordvoerder, het vandeesweek die voorval van die kind se moord bevestig. “Twee verdagtes van onderskeidelik 37 en 40 jaar is Dinsdag in hegtenis geneem”.

 

Leave a Reply