Skip to main content

Nadia Oberholzer

Ná 14 jaar se gesloer het die parlement vandeesweek stilweg kern-wetgewing oor onteiening deurgevoer. Indien die wet nou ook op provinsiale vlak aanvaar word, kan dit verreikende gevolge vir onder meer huiseienaars inhou.

Die sensitiewe kwessie van onwettige besettings van persele het baie Suid-Afrikaners lankal moedeloos, maar nou moet hulle hul staal vir die nuwe wetgewing, wat optrede weens oortredings op hul eiendomme verder kan inperk.

In sekere kringe word die wetgewing beskou as die finale grashalm wat deur die regering gegryp word met betrekking tot ‘n volvoering van die belofte van “gratis eiendom”; dìt met hul oog op die komende verkiesing.

Die nuwe nagmerrie vir grondeienaars kom te midde van die Eskom-chaos en die gespook met verlengde beurtkrag, wyl asems opgehou word vir ‘n kalmer see sodat ingevoerde diesel verskaf kan word om die kragkrisis te verlig.

Die onteieningswet bepaal dat eiendomme wat blootgestel kan word aan die wetgewing ingevolge Artikel 12(3) in werking tree wanneer die eienaar die eiendom sou ‘verwaarloos’ deur nie beheer daarop uit te oefen nie. Soos byvoorbeeld wanneer iemand ‘n eiendom onwettig annekseer vir ‘n onbepaalde tyd. Of wanneer die wettige eienaar/s vir ‘n uur weg van die huis is, en ‘n onwettige, ongenooide gas kamp opslaan op die eienaar se grasperk.

Die inleiding van die nuwe wetgewing hieroor bepaal dis “met inagneming van alle relevante omstandighede, insluitend, MAAR NIE BEPERK TOT” wat as vrye toegang vertolk kan word”.

President Cyril Ramaphosa in 2018 in die parlement Suid-Afrikaners verseker dat die beoogde wetgewing sou nie in ‘n “smash and grab” ontaard nie. Baie huiseienaars meen egter die nuwe wetgewing verander besettings nou in wettige diefstal, want die “smash” is nie meer nodig nie; die eiendom kan net bloot gevat word.

Die publiek bly dus in die duister. Dit word versterk deur die minister van openbare werke en infrastrukture, Patricia de Lille, se vae verduidelikings in ‘n mediaverklaring vandeesweek. Sy beweer daarin die nuwe wetgewing ‘maak net dit wat onduidelik was in die konstitusionele wetgewing nou duidelik’.

Vrae word egter gevra oor hoekom die wetgewing skielik gehaas is ná die aanvanklike gesloerdery. Afhandeling daarvan het binne slegs een week geskied.

Analis Gabriel Crouse het op sy potgooi, Daily Friend Show, vir die SA Instituut van Rasseverhoudings genoem dat die proses so spoedig deurgehaas kon word omdat die voorlegging goedgekeur is deur die parlement se komitee, waarna dit direk tot finale stemmery gebring is.

Die wetlike aspekte is ook vaag. Die assessors wat ingevolge die wetgewing deur die minister aangestel word, kan ‘n dispuut verklaar met ‘n regter in ‘n onteieningsaak. Die finale uitsprake van sulke sake lê dus by die assessors.

Leave a Reply

error: Content is protected !!