Skip to main content

Drie mense het Saterdag op die Gouda-pad net buite Moorreesburg gesterf nadat ‘n bakkie omstreeks 16:30 omgeslaan het.

Sersant N.J. Visagie van Moorreesburg se polisie het die ongeluk bevestig en bygevoeg dat ses mense in die ongeluk betrokke was. ‘n Man van 41 jaar en ‘n kind is onder die oorledenes, asook nog ‘n man wie se ouderdom onbekend is.

Slegs een voertuig was in die ongeluk betrokke, het die mediawoordvoerder gesê.

 

Leave a Reply