Skip to main content

Die toekoms van Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, is in die hande van ’n nuwe raad van direkteure, wat “binnekort” aangekondig sal word, volgens Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings.

De Ruyter se lot sal ná ‘n intense prestasie-oorsig beklink word deur die nuwe direksie.

Die huidige direksie is nóg ‘n lid armer nadat Busi Mavuso eergister haar pos verlaat het met onmiddelike effek.

Fase 4 beurtkrag sal in plek bly totdat Eskom genoeg dieselvoorraad het om die land weer van ononderbroke krag te voorsien. PetroSA kan nie aan dié aanvraag voldoen nie, en ‘n vragskip wat ingevoerde diesel moet lewer kan nie aan wal kom om die goue noodsaaklikheid af te laai nie vanweë ongure seetoestande.

Leave a Reply