Skip to main content

Het jy geweet dat honde daartoe in staat is om toekomstige gebeure te voorspel op grond van ervarings uit hulle verlede?

Dit is juis hierdie “kennis” wat sekere mense daarvan oortuig dat honde “tyd kan lees”. Die waarheid is egter dat hulle in staat is om te onthou as jy elke dag ‘n sekere tyd van die werk af terugkeer huis toe, en dan jou betyds by die deur kan inwag.

Jou honde kan ook siektes ruik. Wanneer mense ongesteld is, verander die ensieme in hul monde, en dìt is wat die honde dan ruik.

Honde poef ook in lyn met die Aarde se magneetveld. Ja, dit is waar. Dis hoekom jou hond rondskarrel en ‘n paar keer in die rondte draai voordat hulle noord kyk wanneer hulle besig is met drukkende sake. As jy die volgende keer jou hond besigtig terwyl hy of sy ‘n nommer twee doen, hardloop gou en kry ‘n kompas. Jy sal sien dat hulle rûe reguit in lyn met die Aarde se noord-suid-as is.

Honde sien slegs geel, blou, violet, wit en swart kleure.

Jou hond se voete ruik soos skyfies wat van mielies gemaak is weens spesifieke bakterieë wat op hul pote leef ongeag die hoeveelheid kere wat hulle gebad word.

Terloops, hondepote bevat 319 bene!

Leave a Reply