Skip to main content

In wese verwys dienslewering na die verspreiding van basiese dienste soos veilige watervoorsiening, elektrisiteit, gesondheidsdienste, paaie, straatbeligting, verkeersbeheer, vullisverwydering, rioolverwydering en instandhouding, asook die onderhoud van munisipale parke.

Almal weet reeds dat meeste munisipaliteite in ons land hopeloos is wat basiese diensverskaffing betref. Die Waarheid het besluit om self ons moue op te rol en die omgewing om ons kantore te begin skoonmaak.

As Rhodesfielders dus veranderinge in en om Gladiatorstraat begin waarneem, weet dat Die Waarheid genoeg gehad het van ‘n seeroog-omgewing, en daadwerklik optree om ons omgewing te begin verfraai.

Hierdie poging is tweedelig: werkloses word ingespan – en betaal – om te werk en die omgewing word weer skoon en ‘n lus vir die oog.

Die Waarheid hoop dat hierdie inisiatief mense in hul eie dorpe sal laat moue oprol.

Kom ons maak ons land weer leefbaar!

2 Comments

  • George says:

    Die Waarheid is ‘n voorbeeld vir ander groot besighede, alhoewel die krag krieses almal moedeloos maak…

  • Tish Swanepoel says:

    Mag hierdie inisiatief uitbrei na alle voorstede en woonbuurte.

    “As jy iets gedoen wil hê, doen dit self”

    Welgedaan Die Waarheid personeel!

Leave a Reply