Skip to main content

Guy Nzouba-Ndama, die voormalige president van die Gaboenese Nasionale Vergadering, is oor die afgelope naweek betrap met tasse vol geld. Daarin was glo meer as ‘n miljard CFA-frank, oftewel sowat 77 miljoen euro (wat R1366 349 573,05 77 is!).

‘n Video op sosiale media wys Guy Nzouba-Ndama voor sy sportnutsvoertuig en vier groot tasse agterin. Dan dwing Gendarmes die polisie van Gaboen kort daarna die hangslotte oop en ontbloot die 10 000 CFA-frank-note.

Nzouba-Ndama is in hegtenis geneem, maar is toe weer vrygelaat en sy geld is aan hom terugbesorg.

Owerhede is tjoepstil oor waarom hy vrygelaat en die geld aan hom teruggegee is.

Leave a Reply