Skip to main content

‘n Bekende prokureur – en voormalige LP van Mokopane (Potgietersrus) tydens die laat tagtigerjare –  is Maandag op pad na sy voordeur toe afgemaai.

Schalk David Pienaar, 69, het ongeveer 19:30 tuisgekom toe skote vanuit ‘n wit Toyota Tazz op hom afgevuur is.

Pienaar was deel van ‘n regse faksie van die voormalige Konserwatiewe Party (KP).

Daar is sprake dat hy besig was met ‘n groot ondersoek teen die staat, maar niemand wou dit tot dusver aan Die Waarheid bevestig nie.

Die motief vir die moord is nog onbekend.

Enigiemand met inligting wat kan lei tot die aankeer van die verdagte(s) word versoek om die SAPD Mokopane Takbevelvoerder Luitenant Kolonel Smith by 082 451 7213, of die misdaadstopnommer 08600 10111 te skakel, of hul naaste polisiestasie te kontak.

Leave a Reply