Skip to main content

Lumé van Schalkwyk

Die 33-jarige man van Port Elizabeth wat in hegtenis geneem is ‘n dag nadat sy 65-jarige ma Dinsdag in ‘n brand in Parkrylaan dood is, het Vrydag sy eerste hofverskyning gemaak.

Maurice Butlion het in die hof aangedui dat hy nie om borgtog sal aansoek doen nie en beoog om skuldig te pleit.

Brandbestryders in Gqeberha is Dinsdag na die Fernkloof-woonstelle uitgeroep ná berigte van ‘n brand.

‘n Polisiewoordvoerder, kolonel Priscilla Naidu, het gesê die polisie het die liggaam van Sharon Ann Butlion gevind en aanvanklik ‘n geregtelike doodsondersoek geopen, maar beamptes op die toneel het egter gou tekens van gemene spel ontdek.

Butlion is Woensdag by ‘n onderneming in Walmer in hegtenis geneem ‘n dag nadat sy ma se voertuig verlate langs Victoriarylaan gevind is.

Inligting oor die oorsaak van Butlion se dood is nog nie aan die publiek bekend gemaak nie.

 

 

Leave a Reply