Skip to main content

Dit lyk of die EFF hulle mes nou behoorlik in het vir president Cyril Ramaphosa. Die party draai by monde van sy leier geen doekies om oor ons land se leier nie.

Julius Malema, die Economic Freedom Fighters (EFF) se leier, het selfs sover gegaan om Ramaphosa met ‘n bendelid te vergelyk, hom as moreel bankrot te beskryf, en gesê dat sy etiek twyfelagtig is.

Intussen het Nkosazana Dlamini-Zuma, ‘n ANC NUK-lid en huidige minister van samewerkende regering, darem duimpies in die lug gekry. Sy is gister amptelik deur haar tak in wyk 32 in die eThekwini-streek genomineer om mee te ding vir die pos as die ANC president tydens die volgende verkiesing vir hierdie top- en kernpos.

Leave a Reply