Skip to main content

 

Die al hoe meer benarde elektrisiteitskrisis in die land kring uit nadat Eskom vanoggend op kort kennisgewing bekend gemaak het dat fase 5 inskop tot Maandag.

Volgens Eskom het vyf kragopwekkers oornag onklaar geraak wat die instel van fase 5 vandag noodsaak. Kusile, Arnot, Camden, en twee opwekkers by Duvha het opgepak.

Fase 5 het vanoggend (Saterdag) tienuur ingeskop en sal tot Maandagoggend vyfuur duur. “Ons het tans 7210 MW krag op beplande onderhoud, terwyl 16 597 MW nie beskikbaar is nie weens die onklaar opwekkers,” lui die verklaring.

Eskom het die publiek in kennis gestel dat hy Sondag ‘n verklaring sal uitreik om verbruikers in te lig oor hoe die nuwe week se beurtkragrooster gaan lyk.

 

 

 

Leave a Reply