As jy gedink het rotte pieps net oral omdat dit in hulle aard is, maak jy ‘n fout. Rotte kan eintlik hul blase beheer, en hulle is baie kieskeurig oor waar hulle hul nommer een doen.
Troetelrotte kies gewoonlik ‘n hoek in hul hokke as toilet, en daarom is dit maklik om hul op te lei om byvoorbeeld ‘n mini-katsandbak te gebruik. Rotte pieps selfs op eienaars om hulle eiendom te merk, dus kan jy geëerd voel as dit met jou gebeur.
Hierdie knaagdiere is eintlik baie skoon al neem mens in ag dat hulle in vuil plekke rondskarrel op soek na kos. Rotte bad hulself vir ongevuur een uur per dag, en kan selfs mede rotte bad as hulle ‘n band met daardie rot wil smee.
Rotte se sensitiewe neuse kan asemhalingsnood by hulle veroorsaak. (Dalk kan mense wat met rotte sukkel, hierdie wenk gebruik om só van hulle ontslae te raak… Hulle háát die reuk van naftaleen, oftewel motballe.) Aan die plus-kant van rotte se reuksintuig vanweë hul 1 207 reukreseptorgene, is hulle ideale kandidate om landmyne, dwelms en swartmark-sigarette uit te snuffel. Hulle kan ook tuberkulose in mense uitwys.