Skip to main content

Volgens die ouditeur-generaal se 2020/21 jaarverslag is byna R50 miljoen se “problematiese” uitgawes by die Nasionale Lotery-kommissie (NLK) gevind.

‘n Totaal van R36 miljoen is toegeskryf aan rekeningkundige foute en R23 miljoen is as onreëlmatige uitgawes aangeteken.

Dìt nadat die kommissie gereeld gespog het dat hulle “skoon oudits” het; al was daar lank gerugte van interne grootskaalse korrupsie.

Die verslag is vertraag omdat bedrog (wanvoorstellings) in die NLK se finansiële state gevind is.

Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) en die Valke ondersoek juis tans die NLK nadat bevind is dat topbestuur, asook sommige raadslede, NLK fondse vir eie gewin misbruik het.

Leave a Reply