Skip to main content

Die enorme dinosourusfossiel wat in Portugal opgegrawe is, is dalk die grootste dinosourus wat nog ooit in Europa gevind is.

Portugese paleontoloë het tot dusver ‘n yslike ribbekas opgegrawe wat volgens hulle aan ‘n langnek sauropode behoort, wat nagenoeg150 miljoen jaar gelede geleef het. Die geskatte grootte vir die dinosourus is 12meter hoog en 25 meter lank.

Die dinosourusvonds is in 2017 in ‘n agtertuin in die Portugese stad Pombal ontdek. Die eienaar van die eiendom het fragmente van gefossileerde been gevind en plaaslike owerhede gekontak. Hulle het toe navorsers by die Universiteit van Lissabon gekontak en uitgestuur.

Nadat die navorsingspan sedert 2017 op die terrein gewerk het, het die paleontoloë uiteindelik die ribbes en werwels ontbloot van wat hulle glo ‘n Brachiosauridae is. Dis’n soort sauropode.

Leave a Reply