Goeie nuus vir binnelandse reisigers is dat planne gevorderd is om die gewilde en meer bekostigbare lugredery Mango wat bankrot was, weer in aksie te stel.
Daar is glo ‘n moontlike belegger vir die Suid-Afrikaanse staatsbeheerde laekostelugredery. Wie dit is, kan egter nog nie bekend gemaak word nie.
Na verneem word, wag die regering nog dat ‘n amptelike ooreenkoms bereik word.
Mango, ‘n filiaal van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, het in Julie 2021 aansoek gedoen om bankrot verklaar te word.