Skip to main content

Gert Basson

 “Want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos ‘n vader die seun in wie hy behae het.”

Só lui Spreuke 3:12, ‘n bekende vers in die Bybel.

’n Onbekende pastoor het hierdie Bybelvers ooglopend té letterlik opgeneem en besluit om sy volgelinge met ’n gordel by te kom.

Diė video van die onbekende pastoor het die afgelope week soos ’n veldbrand op sosiale media versprei. Daarin kan gesien word hoe mans en vroue, wat in swart geklee is, op die vloer lê.

In die agtergrond speel gospelmusiek terwyl die ander lidmate die “strafspektakel” aanskou.

Die pastoor loop dan doodluiters na die mense wat op die grond lê en begin hulle gewelddadig met ’n belt te slaan.

Die video is glo in 2021 geneem, maar die oorsprong kon nog nie vasgestel word nie.

Mense op sosiale media was ontstoke en geskok toe hulle die video sien. “Hierdie man moet vir aanranding aangekla word,” het een geskryf.

Dit is nie die eerste bisarre geval waar ’n pastoor sy volgelinge op absurde maniere behandel nie.

Pastoor Lesego Daniel het verlede jaar vir sy volgelinge gesê om gras te eet en petrol te drink “want dit gaan hulle nader aan God bring”.

Hy het aan sy lidmate gesê die petrol is in pynappelsap verander.

Leave a Reply