Die minister van samewerkende regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, is vasberade om weer teen president Cyril Ramaphosa te staan vir die ANC-leierskap wanneer die party sy belangrike nasionale konferensie in Desember 2022 hou.
Dlamini-Zuma het in die vorige nasionale verkiesingskonferensie teen Ramaphosa verloor. Haar vasberadenheid kan die planne van ‘n ANC-faksie in KwaZulu-Natal in die wiele ry. Dìt kom ná die onderneming om steun te toon aan die voormalige minister van gesondheid, Zweli Mkhize, wat ook poog om ‘n leierskapspos in die party se topstruktuur te vul.
Ramaphosa word glo ondersteun deur ‘n aantal ander provinsies om sy pos as ANC-leier te behou.