Skip to main content

Suid-Afrikaners het die mynah-voëls as peste gebrandmerk, maar hierdie woelige Asiatiese spreeu het eintlik gesellige persoonlikhede en is baie gewild vir hulle nabootsing van klanke.

Toegegee, hulle kan ‘n oorlas wees as hulle in groot groepe op plekke toesak en boonop skrik hulle nie maklik nie. Hoeveel keer het jy nie een gesien wat net parmantig uit die pad hop as jy op hulle afpeil met jou kar nie? Net om weer daarna weer terug in die pad te hop en voort te smul aan die reste van dooie diere.

Hierdie selfversekerde en soms aggressiewe voëlsoort is veral lief om te bad, en snaaks genoeg hou hulle van mensekinders!

Hulle naam “mynah” is afgelei van die Sanskrit-woord “madana”, wat borrel beteken.

Mynahs “maak huis” op amper enige plek, van verlate neste, tot kranse of selfs in huise se dakke. Hulle kan onafhanklik in pare funksioneer, en hulle swerms bestaan gewoonlik nie uit meer as 30 voëls nie.

Hulle is die nasionale simbool van Bali, en is ook baie geliefd in Indië, waar hulle gesien word as ‘n simbool van ewige liefde.

Omdat hulle “rommel” eet, is hulle geneig tot lewerprobleme. Andersins vreet hulle insekte. Sprinkane is hulle gunsteling dis.

As jy dit na dese oorweeg om ‘n baba te gaan vang, en as troeteldier groot te maak, wees gewaarsku: dit is nie maklik om daardie piepende goedjies tot volwassenes te kry nie. Los hulle eerder in die natuur om van die sprinkane ontslae te raak …

Leave a Reply