Skip to main content

Carlos Alcaraz het sy naam in die geskiedenisboeke gegraveer nadat dié 19-jarige Spanjaard sy Noorse mededinger Casper Ruud verslaan het om ‘n eerste Grand Slam-titel by die gesogte Amerikaanse Ope te wen.

Daarmee word hy ook die jongste man nog om die wêreld se nommer-een-speler te wees.

Die derde gekeurde Alcaraz het die vyfde gekeurde Ruud Sondag op Flushing Meadows met 6-4, 2-6, 7-6 (7-1), 6-3 geklop om sy status as tennis se blinkste jong ster te bevestig.

Alcaraz het die rekord behaal op die ouderdom van 19 jaar en 130 dae, met die vorige rekord vir die jongste mans se nommer een-speler wat aan Lleyton Hewitt van Australië behoort het. Hewitt was 20 jaar en 268 dae oud toe hy boaan die ranglys gepryk het .

Leave a Reply