Skip to main content

 

Engeland se Koningin Elizabeth II is laat vanmiddag dood. Sy was 96 jaar oud.

Buckingham-paleis het in ‘n verklaring gesê dat die koningin Donderdagmiddag “vreedsaam by Balmoral gesterf het”.

Die troonopvolger, Prins Charles, sal vanaand by Balmoral bly en sal môre na Londen terugkeer, lui die verklaring.

Koningin Elizabeth was Engeland se langsregerende monarg. Sy het die troon in 1952 bestyg.

Charles, wat tot 11:00 more as die nie-amptelike koning optree, het gesê hy en die koninklike familie betreur die afsterwe van ‘n gekoesterde heerser en geliefde moeder. Hy glo haar afsterwe sal deur Engeland, die ganse Statebond en regoor die wêreld met leedwese gevoel word.

Leave a Reply