Entomoloë sal piep kry as jy praat van lieweheersbesies – wetenskaplikes verkies om die naam dameskewers (ladybugs) te gebruik. Insekte is na regte “kewers”.
Die Duisters noem hulle weer Mariakewers vanweë ‘n legende wat uit die Middeleeue dateer.
Hierdie skattige, gekleurde besies skei ‘n onwelriekende vloeistof af uit hul knieë wanneer hulle bedreig voel. Dit lyk dan asof hulle bloei. Roofdiere sal dan hierdie “sieklike” diertjies vermy. Hulle helder kleure dien as ‘n verdere afskrikmiddel.
Hulle voedsel is hoofsaaklik insekte met sagte lywe, en hulle smul graag ook aan myte, wit vlieë, dopluise en plantluise. Lieweheersbesies kan in ‘n leeftyd ongeveer 5 000 van hierdie klein peste verorber.
Hul larwes lyk kompleet soos mini krokodille weens hulle skubberige vel.
Volwasse lieweheersbesies kan ook hiberneer as dit te koud word.
Iets wat ek skrikwekkend gevind het is dat hierdie nuttige kewers kannibale is. Hulle sal hul familielede eet as daar geen ander kos is nie. Hulle mik dan veral vir hul eie larwes.