Skip to main content

 

Gert Basson

Terwyl siekes toustaan vir noodsaaklike hulp by die Thembisa-hospitaal aan die Oos-Rand, is die bestuur en politici daar besig om hulself eenstrook deur te verryk en die hospitaal rot en kaal te besteel.

Die tonge het juis behóórlik geklap toe die land verlede maand uitvind van die denim-skandaal toe die hospitaal denimbroeke ter waarde van R500 000 aangekoop het.

Die transaksie het glo verlede jaar in Junie plaasgevind en die uitvoerende hoof van die hospitaal, Ashley Mthunzi, het woes geskerm. Sy het toe beweer die geld was veronderstel om vir toerusting gebruik te word, maar hulle het glo die “verkeerde kode” ingesleutel toe die bestelling gemaak is.

Kort op die hakke hiervan, word nou nóg ernstige bewerings gemaak deur die uitvoerende hoof en ANC-lid, Nomathemba Mokgethi, Gautengse LUR vir gesondheid,

Hy het onlangs bekendgemaak dat Sello Sekhokho, die ANC se tesourier-generaal in die Ekurhuleni-distrik, ’n allemintige 55 kontrakte tussen die drie maatskappye van hom met dié hospitaal het.

Sekhokho se maatskappye verskaf skoonmaakmiddels, kantoorbehoeftes en selfs kruideniersware aan die hopsitaal.

Sy kontrakte het glo verdriedubbel nadat Mthunzi verlede jaar as uitvoerende hoof van die hospitaal aangestel is.

Jack Bloom, Gauteng se DA-woordvoerder vir gesondheid, is erg ontstoke oor dié bewerings en wil weet hoe die betrokkenes in die aande kan slaap.

“ANC-grootkop Sello Sekhokho het oor die R14,5 miljoen rand verdien uit die 55 kontrakte wat hy in die laaste jaar met Tembisa Hospitaal aangegaan het. Dit is afgryslik om by siekes en arm mense te steel.”

Sekhokho se drie maatskappye, Kaizen Projects, Nokokhokho Medical Supplies en Bollanoto Security het glo in 2019 ‘n reuse R2.8 miljoen vir kontrakte ontvang. Daarvan was R4.2 miljoen in 2020 en laas jaar nog R7.5 miljoen nadat Mthunzi oorgeneem het.

“Hoe slaap hierdie mense snags? Sekhokho se maatskappye het ’n groot verskeidenheid van items aan die hospitaal verskaf en dis verdag dat al hierdie transaksies onder R500 000 is.

“Dit beteken dat die kontrakte nie voor getender hoef te word nie en Mthunzi self die transaksies kan afteken.”

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!