Skip to main content

Wanneer jy ‘n huisvlieg in jou oor hoor lawaai, sal jy dalk geïrriteerd wees deur die aanhoudende geluid. Dit help nie juis om jouself te paai deur te weet dat hulle in ‘n F-sleutel gons nie, of hoe?

Nee, die eerste gedagte is om ‘n blik insekdoder nader te hark. En met reg!

Huisvlieë lewe van vloeibare kos; iets wat hulle met hul pote kan proe. Hulle poef … baie. En versprei ook ‘n wye reeks siektes.

Boonop kan hulle onderstebo loop! Vandaar die kolletjies mis op plafonne en dakligte.

As jy wil weet hoekom hulle so vinnig kan wegvlieg as jy die vlieëplak optel: vlieë kan ook agter hulle sien! En hulle het ongelooflike reaksietye as iemand net in hul rigting sou mik.

Gelukkig het hulle nie lang leeftye nie, maar in die 15-30 dae wat hulle ons verpes, kan ‘n wyfie oor ‘n tydperk van ‘n paar dae tot 900 eiers – dit lyk soos mini-ryskorrels – lê.

Leave a Reply