Skip to main content

Die Amerikaanse ekonomie kan in ‘n moeras van krimpende uitset, stygende inflasie en stygende werkloosheid sink, het die bekende ekonoom prof. Nouriel Roubini aan die Universiteit van New York gewaarsku.

Hy het tydens ‘n eToro-webinar aangevoer dat die Federale Reserweraad dalk rentekoerse tot 5% moet verdubbel om inflasie te bekamp. Dit kan egter ekonomiese groei stuit en ‘n styging in werkloosheid veroorsaak, het Roubini beklemtoon. Boonop kan die verhoging van koerse tot ‘n skuldkrisis lei.

Die ekonoom het ook gemaan dat die Amerikaanse reguleerder se skuiwe om inflasie in toom te hou die ekonomie kan kniehalter, en ineenstortings oor aandele, effekte, behuising, krediet, private ekwiteit en ander bates in seker gebiede kan veroorsaak. As die sentrale bank egter nie inflasie beveg nie, kan prysstygings buite beheer raak.

Hardnekkige inflasie en die pandemie kan die Fed dwing om die Amerikaanse ekonomie in ‘n selfs dieper resessie te dryf as die een wat hy vermy het, meen Roubini.

Roubini het bekend geword vir sy raak voorspelling van die finansiële krisis van 2008-’09 en het in Wall Street die bynaam “Doctor Doom” gekry.

Leave a Reply