Skip to main content

Die LUR vir gesondheid in Limpopo, Phophi Ramathuba, het luidkeels uitgevaar teen ‘n buitelandse pasiënt in ‘n hospitaal in haar provinsie.

Die pasiënt is direk verbaal aangeval en ingelig dat “hulle” die Suid-Afrikaanse gesondheidstelsel “dood maak”, aangesien onwettige Zimbabwiërs verdere druk plaas op die land se reeds gebrekkige provinsiale gesondheidsorgstelsel.

Haar uitbarsting en woordkeuse het ‘n groot herrie op verskeie aanlyn-platforms veroorsaak. Die mense wat kommentaar gelewer het, is verdeel. Sommiges het haar geprys vir haar tromp-op uitlating terwyl ander eis dat haar kop rol.

Leave a Reply