Skip to main content

Minstens tien mense is dood en baie ander beseer, nadat twee aanvallers op ‘n massa-steektog op verskeie plekke in ‘n landelike gebied van die Saskatchewan-provinsie toegeslaan het, het die Royal Canadian Mounted Police Sondag bevestig.

Die polisie het ook gewaarsku dat die verdagtes wat steeds op vrye voet is, gewapen en gevaarlik is.

Na berig word, is 15 beseerdes na verskeie hospitale vervoer, maar daar kan meer beseerdes wees waarvan die polisie nog nie bewus is nie, is ook deur die owerhede erken.

Saskatchewan-owerhede het wel sover twee manlike verdagtes, asook hul voertuig geïdentifiseer.

Leave a Reply