Sampioene is heerlik in ‘n sousie op ‘n medium-gaar filet, of gebraai met gerasperde kaas bo-oor gestrooi.
Hierdie interessante organisme is veel meer as net ‘n kosproduk, alhoewel die Laetiporus, ‘n eetbare wilde sampioen, byna nes gebraaide hoender smaak.
In Japan en Brasilië is daar sampioene wat fluoresserende ligspore vrystel. Die Chlorophos Mycena slaan asems weg met hul gloeiende voorkoms.
Die grootste sampioeneters in Europa is die Italianers, Switsers en dan volg die Oostenrykers.
Die Chinese gebruik ‘n “sampioen van onsterflikheid”, genaamd Reishi in likeurs of tee-aftreksels. Dit help hulle om lank te leef vanweë die sampioene se hoë inhoud van anti-oksidante.
Dan is daar die sg. towersampioen (magic mushrooms) waarmee genoeg mense vertroud is en/of gebruik. Hierdie sampioen word gebruik as ‘n ontspanningsmiddel omdat dit psigedeliese verbindings bevat. Dit veroorsaak veranderde denkprosesse, visioene, euforie en ‘n verandere sin vir geestelike ervarings, wat tyd insluit.
Nie alle sampioene is eetbaar nie. Die Death Cap Mushroom lyk nie net onskadelik nie, maar dit smaak ook heerlik. Voordat jy egter besef dat dit ‘n giftige sampioen is, is dit te laat vir jou niere en lewer, en dit lei tot dood …