Skip to main content

Capuchin-ape is vir die meeste mense tog te oulik, en elkeen van hulle begeer “so enetjie as troeteldier”.

Hierdie energieke, eksotiese diere het ‘n baie aktiewe lewenstyl, maar wanneer hulle deur mense grootgemaak word, kry hulle meestal te min stimulasie.

Hulle is dalk te skattig vir woorde as babas, maar namate hulle ouer word, kan capuchin-ape maklik verveeld raak, wat tot toenemende vernietigende gedrag kan lei. Hulle eindig gewoonlik as onbeheerbare troeteldiere op, wat hulle dus moeilik maak om te bly versorg. Al opsies is dan redding deur ‘n gespesialiseerde instituut, of genadedood.

Ja, ape ìs onteenseglik oulik. Maar … hulle kan ook taamlik “onbeskof” wees. As voorbeeld urineer Capuchin-ape op hul hande en voete wanneer hulle bronstig voel. Volgens ‘n primatoloog is dit omdat die alfa-mannetjies hierdie bronstigheid aan wyfies wil oordra, maar daar is ook al bevind dat hierdie apies dit ook doen wanneer hulle opgewonde raak.

Leave a Reply