Skip to main content

As jy die woord “krap” hoor dan kry jy dadelik ‘n prentjie van hul knypers in jou kop, nie waar nie? Asof hul knypers nie intimiderend genoeg is nie, moet ons nou boonop hoor dat ‘n sekere krapsoort ook kan grom!

Anders as honde, sit spookrappe (ghost crabs) se tande nie in hul bekke nie, maar in hul mae. Hulle het ook net drie tande; een mediale tand en twee laterale tande. In wese is dit nie werklik soos ons tande nie, maar verlengde, verkalkte strukture. Dit is hierdie tande wat help om kos te maal in hul mae, en wat ook die gromgeluide maak wanneer hulle teen mekaar gevryf word.

Binne ‘n mensdom wat begerig allerhande diere wil tem, wonder ek of ons hulle ook sal kan leer om op leibande te loop …

Leave a Reply