Skip to main content

Lindiwe Sisulu, die minister van toerisme, het ‘n belangrike vennootskap aangekondig wat met die Midde-Oosterse lugrederyreus Emirates gesluit is.

Dit kom in die lig van bestaande binnelandse vlugkapasiteit in Suid-Afrika wat nie voldoende in passasiers se aanvraag kan voorsien nie.

Sisulu het gister tydens ‘n media-inligtingsessie gesê tydens ‘n besoek aan Doebai is ‘n bilaterale ooreenkomste met die Emirates lugredery aangegaan vir toegang tot Suid-Afrika se binnelandse roetes. Op sý beurt, sal Emirates Suid-Afrikaanse toerisme in die buiteland bevorder.

Emirates se klante kan nou van meer vlugroetes in Suid-Afrika gebruik maak. Dit sluit agt bestemmings vanaf Johannesburg, vyf bestemmings vanaf Kaapstad en een vanaf Durban in. Benewens hierdie roetes, sal daar voortaan ook nuwe vlugte na Oos-Londen, George, Port Elizabeth, Kimberley, Hoedspruit en Bloemfontein wees.

One Comment

  • YC Coetzee says:

    Dis baie goeie nuus, bekostigbare vlugte tussen George en Johannesburg sal welkom wees.

Leave a Reply