Skip to main content

Health Squared-lede sit met hande in hare

Die Raad op Mediese Skemas (CMS) kon nie daarin slaag om genoeg likiede mediese skemas te oortuig om die byna 24 000 lede van Health Squared Medical Scheme sonder wagperiodes oor te neem nie.

Die reguleerder het dit gisteraand laat in ‘n mediaverklaring aangekondig, nadat hy die afgelope week lede aangeraai het om nie paniekbesluite te neem om by ander skemas aan te sluit wat hulle dalk slegter daaraan toe kan laat nie. Lede is aangeraai om eerder te wag vir dit die CMS-aankondiging van ‘n bestuurde migrasie van Health Squared-lede na alternatiewe skemas.

Maar nou word lede van Health Squared oorgelaat om op hul eie oor alternatiewe mediese dekking te onderhandel.

Verkla werkgewers wat te min betaal, vra departement

Die departement van arbeid het huishulpe versoek om werkgewers aan te meld wat nie aan die nasionale minimumloon (NMW) voldoen nie.

Die NMW is met ingang van 1 Maart hersien en aangepas van R21,69 tot R23,19 vir elke gewone uur gewerk.

Guptas steeds agter tralies

Die broers Rajesh en Atul Gupta is steeds agter slot en grendel in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE), maar dit is nog onseker of en wanneer hulle aan Suid-Afrika uitgelewer sal word.

Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, het die Nasionale Vergadering gister tydens ‘n vraesessie ingelig dat die broers om borgtog aansoek gedoen het, maar dit is geweier.

Hy sê die Departement van Justisie is deurlopend in gesprek met die owerhede in die VAE. Die amptelike uitleweringsversoek is einde Julie aan die Verenigde Arabiese Emirate oorhandig.

Engelse karring nie aan span

Ben Stokes sal ‘n onveranderde Engelse veertienmangroep in volgende week se derde en beslissende kriekettoets teen Suid-Afrika op die Oval lei.

Engeland het die reeks van drie wedstryde gelyk gemaak met ‘n verpletterende oorwinning van ‘n beurt en 85 lopies binne drie dae op Old Trafford.

Die Proteas se oorwinning in die eerste toets is die Engelse se enigste nederlaag sedert Stokes aan die begin van die seisoen as toetskaptein gekies is. Hulle het al vyf hulle ander toetse gewen.

Leave a Reply