Skip to main content

Akkedisse se reptielfamilielede bestaan uit meer as 6 000 soorte, en dit sluit nie slange in nie.

Hierdie koudbloedige gediertetjies kan wissel in grootte van ‘n paar sentimeter tot ‘n paar meter lank!

Hulle val ook in al drie klasse wat eetgewoontes betref: karnivore, omnivore én herbivore.

Daar is sekere akkedisse wat hul sterte verloor as hulle bedreig word. Dit trek die roofdier se aandag af sodat hulle kan ontsnap. Hulle sterte groei weer later terug.

Akkedisse kom op elke vasteland behalwe Antarktika voor.

Daar is spesies akkedisse wat nooit tydens hul leeftyd water drink nie.

Moenie dink dat alle akkedisse skadeloos is nie. Daar is ‘n spesie in Noord-Amerika wat giftig is vir mense: Die Gila-monster. Sy gif is ‘n redelik ligte neurotoksien. ‘n Byt deur ‘n Gila is uiters pynlik, maar tot dusver is daar nie een sterfte aangemeld as gevolg van só ‘n aanval nie. Hulle dien die neurotoksiene aan slagoffers toe deur te byt en die gifstof deur openings in hul tande vry te stel.

Die Komodo-draak, die grootste akkedis op die planeet, is ook giftig. Sodra hulle hul prooi gebyt het, sal die prooi binne ‘n uur dood wees. Die goeie nuus is dat hulle net op sekere eilande in Indonesië woon.

Dis nie net verkleurmannetjies wat na willekeur kleur kan verander nie. Daar is ‘n akkedis-spesie, die anole – ‘n tipe iguana – wat dit ook kan doen.

Geitjies het geen ooglede nie, en hulle het tone wat hulle kan help boomklim.

Horingakkedisse kan, as hulle bedreig voel, bloed uit hulle oë spuit. Die bloedstrale kan tot vier voet ver spuit.

Dan is daar ook ‘n akkedis-spesie wat oor kort afstande op water kan hardloop: Basilisk-akkedisse. Hulle staan ook bekend as die ‘Jesus Christus-akkedis’, en kan op water hardloop vanweë die skubberige deeltjies tussen hulle tone.

Die Mexikaanse Bebaarde Akkedis is die skaarsste akkedis-spesie. Hulle eet vleis en kan op net drie maaltye per jaar oorleef.

Dan is daar ook ‘n akkedis wat kan swem: Die Marine Galapagos Akkedis. Hulle eet alge wat in mere en damme groei, en moet dus onder die water gaan om dit by te kom.

Leave a Reply