Skip to main content

Nog ‘n langasem sterf in Comrades

Die Suid-Afrikaanse ultramarathongemeenskap is geskok deur die nuus dat ‘n tweede hardloper Sondag tydens die Comrades Marathon gesterf het.

Die sewe-en-veertig-jarige Phakamile Ntshiza, wat vir die Pretoriase klub Adventiste Atletiekklub gedraf het, is ook skielik dood terwyl hy op pad na Durban was.

Die Comrades Marathonvereniging het die twee sterftes as “twee te veel” beskryf.

COPE skors Lekota

COPE se nasionale kongreskomitee (CNC) het die partypresident Mosiuoa Lekota voorlopig geskors.

Die party se adjunkpresident, Willie Madisha, het die nuus gister in Kempton Park bekendgemaak. Die CNC is COPE se hoogste besluitnemingsliggaam.

Die redes vir Lekota se skorsing is onder meer “die rol wat hy gespeel het om die party te verdeel”.

Gewilde strandperd uitgesit

Die enigste wit Durbanse metropolisieperd is Maandag uitgesit.

Die perd, ‘n gunsteling onder strandbesoekers tydens patrollies op Durban se strandfront, het die afgelope tyd behandeling vir artritis in sy bene ontvang.

Blitsbokke tweede in sewesreeks

Die Blitsbokke het die internasionale sewes-reeks in die tweede plek met 124 punte afgesluit nadat hulle slegs ‘n 13de plek in Los Angeles kon behaal.

Die reeks is gewen deur Australië met 126 punte. Fidji was derde met 122 punte.

Leave a Reply