Skip to main content

Wie sou dit nou kon raai? ‘n Wildsbok wat ook vleis eet is iets wat ek nie kan kleinkry nie, maar helaas, dis waar!

Duikers, wat wyd oor Afrika verspreid is, is eintlik skaam diere en verkies om in plekke te woon waar roofdiere hulle nie maklik kan raaksien nie.

Duikers eet buiten blomme, vrugte, blare en lote van plante, ook paddas, insekte, baba-voëltjies, akkedisse, ruspes en knaagdiere.

‘n Gemiddelde duiker weeg ongeveer 15kg, daarom is hulle maklike prooi vir bobbejane, luislange, krokodille en selfs arende. Die ooie weeg gewoonlik meer as die ramme.

Duikerramme is territoriaal en sal sy gebied met sy skerp horings verdedig. Hierdie monogame diertjies leef gewoonlik alleen of in pare. Dit is selde dat jy ‘n groep duikers sal sien wat in dieselfde omgewing wei.

Horinglose ooie gee gewoonlik geboorte aan net een lammertjie, en sulke babas bereik volwassenheid binne ses maande nadat hul gebore is.

Die kommunikasiemetode by duikers hang af van wat om hulle aangaan. As daar ‘n bedreiging is, maak hulle harde geluide. Om hul gebiede af te baken, sal hulle merke met urine maak om indringer-duikers te waarsku.

Leave a Reply