Skip to main content

In vroeër jare, voordat daar poskantore en internet was, was duiwe gebruik om dun rolletjies papier wat in buisies aan hul bene vasgemaak is, af te lewer.

Posduiwe, wat eintlik mak rotsduiwe is, is reeds 3 000 jaar gelede ingespan deur die Egiptenare en die Persiërs, en is ook gebruik om die wenner van die Olimpiese Spele aan te kondig.

Deesdae se posduiwe (carrier pigeons) word eerder as ‘n sier-ras aangehou.

Oor die algemeen word daar aanvaar dat hierdie posduiwe die duiwe is wat nou in hordes losgelaat word iewers tussen niks en nêrens, dan hulle pad paraat huis toe moet vind, en miljoene rand in hul eienaars se sakke laat beland.

Toe nou nie.

Die duiwe wat in die Eerste en Tweede Wêreldoorlog gebruik is om boodskappe oor te dra, was bekend as “oorlogsduiwe”. Dit is hùlle wat deesdae as wedvlugduiwe gebruik word.

Hierdie duiwe (homing pigeons) kon al hulle pad huistoe vind oor afstande van ‘n raps oor 2700 km teen ‘n gemiddelde spoed van 48km/uur. Fenominaal!

Leave a Reply

error: Content is protected !!