Skip to main content

Cyril-lojaliste soek Mashatile se kop

Dit lyk of die lang messe geslyp word vir Paul Mashatile, tesourier-generaal van die ANC. ‘n Groep Cyril Ramaphosa-lojaliste in die nasionale uitvoerende komitee (NUK) wil glo hê dat hy as waarnemende sekretaris-generaal van die party verwyder word.

Daar is egter bepaal dat die kwessie nie by die ANC se NEC-kongres in Desember aangeroer kan word nie omdat dit nie op die agenda is nie.

Moordverdagte maak spore

‘n Moordverdagte het gister uit die aanhoudingselle by die Emakhazeni-hof ontsnap.

Karabo Chiloane (29) staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord, kaping en sakeroof in Machadodorp.

‘n Polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, sê Chiloane het weggeglip sonder dat hy opgemerk is terwyl gevangenes van Middelburg-gevangenis na die hof vervoer is. Dit lyk asof hy die hof verlaat het deur ‘n deur met ‘n slot, wat oop gebreek is.

Steinhoff-man met R2m beboet, geskors

Die Johannesburgse Effektebeurs het Steinhoff se voormalige finansiële hoof, Ben la Grange, gediskwalifiseer om vir die volgende 10 jaar as ‘n maatskappydirekteur op te tree en hom met ‘n totaal van R2 miljoen beboet.

La Grange, wat as finansiële hoof onder die groep se voormalige hoof Markus Jooste gedien het, het ‘n handgeskrewe faktuur van €23,5 miljoen (destyds sowat R376 miljoen) verwerk wat Markus Jooste in 2016 aan hom oorhandig het. Die JSE het bevind die faktuur is fiktief.

“Daar was geen werklike transaksie of enige wettige kommersiële rede wat die inligting of berekeninge wat in die handgeskrewe dokument vervat is, ondersteun het nie,” het die JSE gesê.

SA steier na dag een

Engeland is in ‘n uitstekende posisie na ‘n dramatiese eerste dag van die tweede kriekettoets in die reeks van drie kragmetings teen Suid-Afrika.

Die Engelse het Suid-Afrika vir net 151 lopies uitgeknikker, danksy drie paaltjies elk deur James Anderson en Stuart Broad.

Teen uitskeityd was Engeland op 111 vir die verlies van drie paaltjies. Jonny Bairstow (38) en Zak Crowley (17) sal vandag voortkolf.

Leave a Reply