Skip to main content

DOREEN EHRKE

Die Waarheid Media het vir die tweede keer vanjaar die voorreg gehad om as borg op te tree vir die grootste dig-en skryfkompetisie in die land.

Die hoofdoel van hierdie kompetisie is om die bevordering van gehalte-poësie en -kortverhaalkuns in Afrikaans te bewerkstellig. Omdat Afrikaans óns taal is, die woorde deel is van óns siele, is hierdie die ideale manier om ons liefde daarvoor te besing.

Die top 20 dig- en skryfdeelnemers is ryklik beloon vir weke van bloed, sweet en trane deur middel van ‘n wonderlike vier-dag-lange galanaweek by The Palace by Sun City.

Louis Liebenberg, die stigter van die grootste dig-en skryfkompetisie, het sy droom vir die eerste keer op 26 November 2016 afgeskop met net ‘n digkompetisie. Die wenner hiervan was Caren Kearley en daar was net een wenprys van R5 000.

Die tiende agtereenvolgende grootste dig- en skryfkompetisies is besig om sy babaskoentjies te ontgroei en, soos Louis sê, sy babatjie het gegroei van kruip tot stap, rokkies rondswaai en pronk.
Die kompetisie is oop vir alle persone en daar word op skryftalent in Afrikaans gefokus, vir beginners sowel as begaafdes.

Leave a Reply