Skip to main content

Pretoria sit dalk in die donker weens skuld

Pretorianers kan binnekort sonder krag sit as Eskom sy sin kry.

Die kragverskaffer wil Tshwane se kragtoevoer afsny weens die stad se groot skuldlas.

Die Jakarandastad het glo versuim om sy skuld van R1,6 miljard aan Eskom voor 17 Augustus te betaal.

Neusie verby met verwagte goedkoper petrol

‘n Swakker rand en duurder olie beteken dat dit dalk neusie verby is vir die verwagte skerp daling in die brandstofprys, wat aan die begin van September verwag is.

Die Sentrale Energiefonds se data vroeër vandeesmaand het aangedui dat die petrolprys volgende maand met soveel as R2,60 per liter kon daal.

Brent-ruolie het 10 dae gelede sowat $93,71 per vat gekos. Dié prys het egter daarna tot $99,90 gestyg en as die tendens voortduur, kan dit beteken dat die petrolprysdaling nie naastenby soveel sal wees as wat aanvanklik voorspel is nie.

Comrades na twee jaar terug

Nadat die Comrades Marathon die laaste twee jaar nie plaasgevind het nie, sal duisende hardlopers Sondag weer begerig vir die ikoniese wedloop in Kwazulu-Natal aantree.

Dit sal die 95ste keer wees wat die wedloop plaasvind.

Dit sal vanjaar ‘n “af”-Comrades wees van Pietermaritzburg se stadsaal na Durban se Moses Mabhida-stadion.

Die amptelike afstand van vanjaar se wedloop is 89.885 km, wat beteken dat hardlopers 299 m korter sal hardloop as wat hulle in die 2018 “af”-wedloop afgelê het, hoofsaaklik toe as gevolg van padwerke langs die roete.

Stokes volhard met bazball

Engeland se krieketkaptein, Ben Stokes, het gesê sy span sal volhard met die aanvallende kolfstyl wat die afgelope maande die bynaam “bazball”’ verwerf het ondanks hulle nederlaag in die eerste toets teen Suid-Afrika.

Die tweede kriekettoets in die reeks van drie kragmetings begin Donderdag op Old Trafford.

‘n Gebrek aan rooibal-voorbereiding eerder as aanvallende kolfwerk kry die skuld vir Engeland se effense tellings van 165 en 149 in sy twee beurte in die eerste toets op Lords.

Leave a Reply

error: Content is protected !!