Skip to main content

Kraaie raak al hoe skaarser in ons land.

Ons deel graag ‘n paar interessanthede omtrent hierdie voëls met julle:

Kraaie is redelik sosiaal, bly gewoonlik lewenslank by ‘n maat, en sal in wintermaande saam met familielede vergader om mekaar in ‘n groep warm te hou.

Ouer kraaisusters en -broers help ook gereeld hul ouers om nuwe sibbe groot te maak. Hul help ook om hul ouers se nessies teen roofdiere te beskerm.

Wanneer ‘n kraai doodgaan, kom sy/haar bure en familie bymekaar om ‘n begrafnis te hou. Die begrafnisgangers sal glad nie aan die dooie voël raak nie. Hulle sien dus nie hul eie spesie as “aas” nie.

‘n Kraai se brein is buite verhouding groot in vergeleke met sy/haar ligaamsbou, wat, buiten papegaaie, hulle een van die slimste dierspesies maak.

In Japan is daar bewyse gelewer dat kraaie weet hoe verkeersligte werk. Hulle sou byvoorbeeld, as die lig rooi is, neute wat hulle nie self kan oopbreek nie, in die pad neersit sodat voertuie daaroor kan ry sodra die verkeersligte groen word. Dan raap hulle die inhoud op wanneer die ligte weer rooi is.

Kraaie kan ook wrokke dra en mense se gesigte uitken.

Leave a Reply