Skip to main content

Vytjie Mentor sterf

Die voormalige ANC-LP en voorsitter van die Parlement se Portefeuljekomitee oor Openbare Ondernemings, Vytjie Mentor, is na ‘n lang siekebed oorlede.

Sy het in 2019 uit die ANC bedank en by die ACDP aangesluit. In 2020 het sy by ActionSA aangesluit met diė party se stigting saam met sy leier, Herman Mashaba, die voormalige DA-lid en Johannesburg se burgemeester.

Saftu staak more

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde (Saftu) se poging om die land môre tot stilstand te bring gaan voort om “die sosio-ekonomiese belange van werkers te verdedig en te bevorder”.

Betogings word verwag in Limpopo, Gauteng, Mpumalanga, die Oos-Kaap, Wes-Kaap en die Vrystaat.

Vrou kry 34 jaar in tjoekie oor twiets

‘n Vrou van Saoedi-Arabië is tot 34 jaar tronkstraf gevonnis vir Twitter-boodskappe.

Verlede jaar het die land se teenterroris-metribunaal Salma al-Shehab tot ses jaar tronkstraf gevonnis vir haar twiets. Sy het teen die vonnis geappelleer en beweer dat sy nie geweet het dat haar Twitter-aktiwiteit op ‘n misdaad neerkom nie en dat haar volgelingbasis van ongeveer 2 000 te klein is om “die orde en struktuur van die samelewing te ontwrig”.

Die appèlhof het egter beslis om eerder haar vonnis te verleng omdat die oorspronklike vonnis nie “selfbeheersing tot gevolg gehad het nie”.

Die hof het nie detail oor die inhoud van haar twiets gegee nie.

Aussies, Bokke wil weer wen

As die Springbokke en die Wallabies mekaar Saterdag takel, sal albei spanne deeglik bewus daarvan wees dat hulle hul laaste wedstryd verloor het. Albei sal op die wenpad wil kom, omdat die verloorder maklik heel onder aan die punteleer kan beland.

Argentinië is bo-aan die puntelys nadat hulle verlede naweek in San Juan met 48-17 teen Australië gewen het.

Die Bokke het op hulle beurt met 35-22 teen die All Blacks vasgeval.

Leave a Reply