Skip to main content

George April

Terwyl misdaad in Suid Afrika daagliks ‘n kopseer vir die man op straat is, is polisie-brutaliteit op weerlose Suid Afrikaners nog ‘n groot bekommernis wat al wyer pla.

Rina Groves van De Lange Prokureurs het bevestig dat hulle ongeveer 400 eise teen die staat (en meer spesifiek die Minister van Polisie) ontvang het.

 “Die sake was in die Pretoria Hooggeregshof in Gauteng aangehoor, wat aanbeveel het dat dit vir verhoor na die Wes-Kaapse Hooggeregshof oorgeplaas word.

“Die hof het diė aanbeveling gedoen, omdat al die beweerde voorvalle in die Wes-Kaap plaasgevind het, het Groves aan Die Waarheid gesê.”

Volgens haar het Hennie Erwee Prokureurs die siviele eise namens hulle kliënte voor die hof gebring.

“Om dit vir hulle wat ook in Gauteng gestasioneer is, makliker te maak, is De Lange Prokureurs gevra om die sake oor te neem.”

“Hierdie is almal eise vir aanranding en onregmatige arrestasie deur lede van die SAPD, teenoor weerlose mense regoor dele van die Wes- Kaap.

 “Baie van ons eise kom veral uit Riversdal, Hopefield, Franschoek en Paarl,” het Groves verduidelik.

Op ‘n vraag van Die Waarheid, het sy gesê,”ons het 18 sake net van Hopefield vir beweerde aanranding en onregmatige inhegtenisname om te hanteer”.

One Comment

  • Jacques says:

    Baie insiggewend. Dis baie belangrik om daardie een van die minister heeltemal aan die lig te bring.

Leave a Reply to Jacques Cancel Reply