Skip to main content

ANC in Limpopo het nog nie oor Cyril besluit

Die ANC in Limpopo het in aanloop tot die party se nasionale verkiesingskonferensie in Desember gesê die provinsie het nog nie besluit oor wie om te ondersteun in die wedloop om die verkiesing van ‘n partypresident nie.

Die uitspraak distansieer die provinsie van die provinsiale leier, Stan Mathabatha, se steun vir ‘n tweede presidentstermyn vir pres. Cyril Ramaphosa.

Polisieman vas oor tiener se verkragting

‘n Polisieman is in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ‘n 17-jarige tiener nadat hy haar moes ondervra oor ‘n aanrandingsaak wat sy teen haar kêrel geopen het.

Volgens die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat is die 45-jarige polisiestasiebeampte van Oos-London, Vrydag in hegtenis geneem nadat hy die tiener na bewering op 6 Augustus verkrag het.

Reuse-golwe in Kaap verwag

Terwyl die Wes-Kaap reeds goor weer beleef, het die Weerburo gewaarsku dat die Wes- en Noord-Kaapse kus vandag en more golfhoogtes van vier tot vyf meter kan beleef.

Dit is veral hengelaars en ander mense wat regstreeks met die see in aanraking kom wat geraak sal word.

Tussen Saldanhabaai en Kaap Agulhas sal golwe tussen 5m en 7m wees met ‘n fris tot sterk suidooste wind, wat gemiddeld tussen 30km en 40km per uur sal waai, en gaan dit bydra tot matige rowwe seetoestande

Die ekstreke suidwestelike deinings sal teen môre begin bedaar.

Nienaber wyk af van bomb squad-bank

Die Springbok-afrigter Jacques Nienaber het afgewyk van die “bomb squad”-konfigurasie vir die Springbokke se Rugbykampioenskapstryd teen die Wallabies die naweek in Adelaide.

In plaas van die die bomb squad-struktuur op die bank – ses voorspelers en twee agterspelers – het Nienaber teruggekeer na ‘n meer standaard 5-3 keuse vir die komende ontmoeting teen Australië.

Die skrumskakel Jaden Hendrikse, die losskakel Elton Jantjies en Frans Steyn sal die bank warm hou.

Faf de Klerk keer terug na die beginspan.

 

 

 

One Comment

Leave a Reply