Skip to main content

Hommeltuie vir SA boere beloer

Die WNNR en die Landbounavorsingsraad werk saam met opkomende boere om data van hommeltuie in te samel om die bruikbaarheid van sulke data te demonstreer en presisieboerderymetodes te verfyn.

Dit vorm deel van pogings deur die WNNR om ‘n presisielandbou-inligtingstelsel te ontwikkel. Hommeltuie is geruime tyd besig om die globale landskap binne verskeie bedrywe om te dolwe.

Apple waarsku gebruikers

Die rekenaarreus Apple het gebruikers gewaarsku oor ernstige veiligheidsrisiko’s op iPhones, iPads en Macs.

Volgens die Amerikaanse sagtewarereus kan dít selfs daartoe lei dat kuberkapers beheer oor hulle toerusting neem. Dit kom nadat Apple moes erken hy gee aandag aan ‘n verslag wat diė gevare en risiko’s uitwys, wat deur kapers uitgebuit kan word.

Die swakplekke raak die iPhones 6S en latere modelle, verskeie iPad-modelle, insluitende die vyfde generasie, alle iPad Pro’s en die iPad Air 2, sowel as Mac-rekenaars wat MacOS Monterey gebruik.

Harry terug in sy geliefde Afrika

Prins Harry is tans in Mosambiek as deel van sy pligte as president van Afrika-Parke.

Die hertog van Sussex is mede-gasheer vir ‘n groep Amerikaanse amptenare, natuurbewaarders en filantrope terwyl hulle deur beskermde natuurgebiede in ons buurland toer.

Harry se voorliefde vir ons vasteland is welbekend en hy is ‘n gereelde besoeker aan Afrika en sy mense en aktiewe ondersteuner van sake en veldtogte wat die kontinent en sy inwoners raak.

Bokke kom laat weg na Oz

Die Springbokke se vertrek na Australië is gisteraand vertraag ná die kansellasie van hulle vlug na Sydney. Die Bokke sal nou eers vandag om 12:00 vertrek.

Die Bokke sal eers in Sydney oorbly voordat hulle more na Adelaide vlieg waar hulle die Wallabies op 27 Augustus pak. Hulle vlieg dan terug na Sydney vir die tweede toets daar op 3 September.

Leave a Reply