Skip to main content

 

George April
‘n Bekende plattelandse sakeman het verlede week byna sy alie gesien, toe hy op die N7-snelweg regoor Du Noon in die Kaapse Skiereiland ‘n ryloper goedgunstelik opgelaai het.

Diė man wat anoniem wil bly, het Die Waarheid gevra om sy storie te publiseer, om sodoende ander motoriste bewus te maak van diė gevaar.

“Ek was oppad uit Kaapstad, toe ek sien ‘n man steek sy arm uit vir ‘n rygeleentheid. Dit was net voor die Giel Basson-snelweg se brug, wat oor die N7 loop. Ek was nie juis baie haastig nie, daarom het ek besluit om stil te hou en die mannetjie ‘n lift te gee.

“Toe ek stilstaan, sien ek ‘n taxi staan op ‘n eielandjie, weg van die N7 af. Ek het ‘n boks langs my op die sitplek voor gehad, dus moes die outjie agterop die bakkie spring.

“Terwyl ek vir hom wag, sien ek dat drie manne vanaf die voorkant aankom … Ek het nie veel aandag daaraan gegee nie, en vir die mannetjie gewag wat van agteraf aangekom het.

“Maar toe die manne naderkom, sien ek hulle het elkeen ‘n stuk baksteen in hul hande. My eerste gedagtes was dat hulle agter die mannetjie aan was, wat toe reeds op die bakkie geklim het.

“Ek wonder toe nog, het die mannetjie van hulle gesteel dat hulle hom soek?

“Maar toe twee van die manne na my kant toe kom, en een na die passasierskant besef ek die gevaar.

 “Gelukkig het die bakkie ge-idle, en ek kon vinnig in eerste rat sit en het toe my voet op die pedaal getrap. Met die spoed waarmee ek weggetrek het, moes die twee manne vinnig uit die pad spring. Daar was nie kans om met die bakstene iets te doen nie.

“Alles het so vinnig gebeur, hoewel ek iets gehoor het, weet nie of iemand iets na die bakkie gegooi het nie.

“Ek het omtrent twee kilometer verder aangery en toe stilgehou, en die mannetjie gevra wat aangaan?

“Dis toe dat hy my vertel dat die taxi langs die pad staan, en dat mense nie daar mag stilhou om rylopers op te laai nie.

“Hy het toe boonop die guts om vir my te vertel, dat motoriste aangerand word wat mense daar oplaai.

“Ek was so kwaad, ek het hom net daar en dan van die bakkie afgegooi, want hy het my lewe in gevaar gestel.

“Daarom vra ek motoriste, moenie mense wat hulle naby Du Noon as rylopers voordoen, oplaai nie.

Leave a Reply