Skip to main content

Springmuise, ook bekend as olifantmuise (elephant shrew) omdat hulle lang, buigsame snoete het, is vir meeste mense tog te oulik vir woorde.

Daar is 19 spesies regoor Afrika, en hierdie monogame, geharde diertjies kan omtrent in enige omgewing oorleef. Hulle word selfs in woestyne aangetref.

Een van die 19 spesies word egter bedreig. Die goue-springmuis is aan’t uitsterf weens die vernietiging van woude in Kenia, wat hul habitat is.

Hierdie karnivoriese diertjies word as knaagdiere beskou, maar hulle is nie. Hulle is soogdiere.

Springmuise eet graag miere, duisendpote, termiete, spinnekoppe, erdwurms en besies, en hou dus insekbevolkings in toom.

Springmuisbabas word met pels aan hul lyfies gebore. Hulle word binne tien weke gespeen en kan dan die wêreld op hulle eie aandurf.

Moenie dink omdat hulle oulik lyk, dat hulle vriendelik is nie. O nee! Springmuise is geniepsige klein goedjies, en sal hul omgewing met ywer teen indringers beskerm. Die “beskerming” sluit ‘n gestoei, skril gille, en selfs ‘n klap of twee in.

Leave a Reply