Skip to main content

Eskom stel ‘lasvermindering’ in

Eskom het vanoggend om 5:00 begin om lasvermindering in vyf provinsies in te stel om netwerkoorlading in hoëdigtheidsgebiede te vermy. Die lasvermindering is in vyf provinsies ingestel en sal tot 19:00 vanaand duur.

Anders as met beurtkrag, word kragtoevoer nie heeltemal tydens lasvermindering onderbreek nie. Kragtoevoer word slegs afgeskakel na gelokaliseerde gebiede waar onwettige verbindings oorlading veroorsaak en infrastruktuur beskadig.

Die provinsies wat geraak word is Limpopo, Gauteng, KwaZulu-Natal, die Vrystaat en Mpumalanga.

ANC-konferensie word deurmekaarspul

Die ANC se verkiesingskonferensie in Noordwes het in chaos ontaard met die gevolg dat verrigtinge nie gister afgesluit kon word nie.

Verrigtinge is verder vertraag deur die diefstal van akkreditasie-etikette deur mense wat probeer het om die konferensie onwettig te probeer infiltreer.

Nog drie in hof oor Julie-onrus

Nog drie mense sal vandag in die Durbanse streekhof verskyn in verband met hul rol as “aanhitsers” in verlede jaar se onrus nadat oudpres. Jacob Zuma deur die Grondwetlike Hof tot 15 maande tronkstraf gevonnis is.

Die Valke het verlede week nog 22 mense in hegtenis geneem in verband met die onrus. Die hoogste hof van appèl sal vandag in Bloemfontein uitspraak lewer in oudpres. Zuma se appèlsaak oor sy mediese parool.

Goeie nuus vir Bokke: Aussies kry pak teen Argentinië

Al vier spanne in die Rugbykampioenskap is nog min of meer gelyk met een sege en een nederlaag nadat Argentinië Saterdag verras het deur Australië in San Juan met 48-17 te verpletter.

Suid-Afrika skop nou hulle Wallaby-veldtog van die reeks af. Hulle sal twee toetse teen die Aussies in  Australië speel.

 

One Comment

Leave a Reply to Sperro vd Westhuizen Cancel Reply